 |
Volgens
Jan se moeder het hy nog voor hy kon loop alreeds n intense belangstelling
in musiek gehad en het hy homself teen die radio opgetrek en musiek generie
nog voor hy kon praat. Hy het vannaf graad 1 aan konserte en kunswedstryde(sang)
deelgeneem. In 1995 is hy gekeur as eerste tenoor vir die destydse
Truk Opera-koor en het hy in verskeie operas in die Staatsteater opgetree
tot 1999. Daarna het hy by die "rock" groep Aztral Rose aangesluit , en
het hy gereeld saam met die bekende ghitaar speler Julian Laxton opgetree. |